Saturday, 12 December 2009

Verweging!


Beweging is die katalisator vir enige vooruitgang. Hetsy fisies of emotioneel. Dus is verandering, 'n wegbreking 'n absolute noodsaaklikheid vir volle verstaan. Ek het twee weke oor in die maalkolk en twee weke waarin ek hierdie verandering moet besin. Dit is defnitief soveel moeiliker om uit die oog van die maalende water te kom as jy eers vrylik in die rondte draai. AS daar reeds vir jou gedink word, gedoen word. Als net vir die sweepbeweging van die gewrig. Wel dit is nou hierdie beweging wat nader kom, die vryheid wat wink. Die vrees wat hard probeer byhou, maar die mens wat uiteindelik sy verskyning maak. Die gevoel wat begin terugkom! Die lewe wat begin!!!!

1 comment:

  1. Kop af en dryf my mater. Die zombies sal gryp aan jou wapperende klere soos jy verby storm. desperaat vra hul:"Vat my saam, ek soek rus, vrede vir my verwronge siel". Maar die maalkolk is nog te sterk en hul moet agter bly. Uit bitterheid gryp hul nog eenmaal na jou, nie om saam te gaan nie, maar om jou daar te hou, vasgevang. Gee hul n handoff en fokoff, ek wag vir jou aan die kant my maat, die die view is mooi

    ReplyDelete