Thursday, 3 December 2009


Zorro en die kite

Selfs n mislukke dag met n huilende yswind hoef nie gemors te word nie. Moeg om heeldag in die huis te sit, besluit ek om die beste van n slegte saak te maak en my vlieer bietjie af te stof. So paar “running repairs” later en hy is weer reg om in die wind te wapper.
Kite in die hand trotseer ek die koue wind en neem stelling in. Die groot oop plaaswerf leen homself vir lekker speel (as jy nie bang is vir n bietjie stof en n doring of twee). Die toue is afgerol die vlieer le reg, n pluk met die gewrigte en daar gat hy. Op op op tot die toue styf span. Soos n verdwaalde seemeeu verruil hy die sagte wit strande vir die klipgrond van die karoo.

Teen die tyd het my klein skaaphondjie Zorro besluit hy wil saam speel, want vir n bietjie stof en n doring of twee is hy nie bang nie. Hoe meer ek die vlieer van kant tot kant op die wind laat gly, hoe meer maak hy n wapperende geraas, hoe meer hy raas hoe meer blaf Zorro. Ek trek hom na links en Zorro is daar, n vinnige pluk na regs en my hond maak draaie dat die stof so staan.

N glips in konsentrasie en die wind is uit sy seile, so ook uit myne. Nou is dit weer moeite met die toue verstrengel in karoobossies en die windjie sny al erger soos die son weg sak teen die horison. n Pennetjie huur, n draadjie daar en kort voor lank neem die vlieer weer sy posisie in teen die wolk agtergrond.

Nou is Zorro kwaad vir die grootvoel wat kom geraas maak op sy werf. Hy blaf al harder en spring al hoor, maar te vergeefs die voel wil nie luister nie. Skielik! Amper asof die vlieer die hond hoor, duik hy op Zorro neer. Darem net skrams, maar naby genoeg. Wag bietjie , Zorro skeur hom nie uit mekaar nie, nee zorro kyk heen en weer lugwaarts. Teen die tyd wat die toue op gerol is, is die man steeds soekend, koppie heen-en-weer, maar die multi-colored seemeeu is terug na die sagte wit strande van die see.

No comments:

Post a Comment