Dit is in tye soos hierdie dat die bewussyn jou die moer in maak. Dat jou eie stem in jou kop jou wil mal maak.Jou irriteer en knaend aan jou ry. Elke gesprek loop uit in 'n string van vrae en 'n knoop in die derms. Die remme is aangedraai, maar deurgeloop.
Jy staan in die ry van die rolercoaster en word stadig maar seker meer op jou senuwees. Jy word heeltemal vreesbevange wanneer die assistent jou vasdruk in jou sitplek. Jou asem wil wegslaan as die masjien stadig begin dreun. Jy hou vas, gil en skree soos jy hulpeloos heen en weer geslinger word. Adrienalien loop by jou ore uit. Jy soen die grond wanner jy aan die anderkant uitkom met 'n glimglag van oor tot oor. Jy deel 'n paar gevoelens en dan gaan staan jy weer in die ry!


No comments:
Post a Comment