Wednesday, 16 December 2009

Hoekom is geen antwoord nie?


Dit is in tye soos hierdie dat die bewussyn jou die moer in maak. Dat jou eie stem in jou kop jou wil mal maak.Jou irriteer en knaend aan jou ry. Elke gesprek loop uit in 'n string van vrae en 'n knoop in die derms. Die remme is aangedraai, maar deurgeloop.


Jy staan in die ry van die rolercoaster en word stadig maar seker meer op jou senuwees. Jy word heeltemal vreesbevange wanneer die assistent jou vasdruk in jou sitplek. Jou asem wil wegslaan as die masjien stadig begin dreun. Jy hou vas, gil en skree soos jy hulpeloos heen en weer geslinger word. Adrienalien loop by jou ore uit. Jy soen die grond wanner jy aan die anderkant uitkom met 'n glimglag van oor tot oor. Jy deel 'n paar gevoelens en dan gaan staan jy weer in die ry!

Saturday, 12 December 2009

Verweging!


Beweging is die katalisator vir enige vooruitgang. Hetsy fisies of emotioneel. Dus is verandering, 'n wegbreking 'n absolute noodsaaklikheid vir volle verstaan. Ek het twee weke oor in die maalkolk en twee weke waarin ek hierdie verandering moet besin. Dit is defnitief soveel moeiliker om uit die oog van die maalende water te kom as jy eers vrylik in die rondte draai. AS daar reeds vir jou gedink word, gedoen word. Als net vir die sweepbeweging van die gewrig. Wel dit is nou hierdie beweging wat nader kom, die vryheid wat wink. Die vrees wat hard probeer byhou, maar die mens wat uiteindelik sy verskyning maak. Die gevoel wat begin terugkom! Die lewe wat begin!!!!

Friday, 11 December 2009

Weegskaal!

Verloorde oordeel is 'n gevaarlike ding!
Maar 'n beïnvloede oordeel is dodelik!!!!!

Boswell Wilkie Circus

Ek sien daar word geworstel, gesoek, gevra. Die loop van n lewe is n langpad, n diep pad. Daar moet geworstel word om te kan vorder en groei. Maar wees versigtig waarmee geworstel word. Die fight met die sisteem is een wat nie gewen kan word. Die sisteem is die illusie waarin jy kies om in te koop. N samesmelting van die massas se idee van realiteit, gewoonlik komend van n lae bewussyn. Moeg, afgemat, gatvol en bitter word "hulle" geblameer vir jou werklikheid. Maar hulle is n "mental projection" nes die sisteem. En daarom is die worstelling, soeke en vrae ultimately n soeke na die self.
Mens kan vir ewig kyk na n illusie, maar dit maak dit nie werklik nie. Maak nie saak van hoeveel angles af jy kyk nie, watse vrae jy vrae nie of hoe kwaad jy word nie. DIE WERKLIKHEID jou werklikheid elkeen se werklikheid le binne in eie boesem. Vergete verlate versteek, eintlik so maklik as ons net daar wil kyk, maar die sisteem sit n moerse show op om ons besig te hou. Die massas kyk die show, het jy die guts om weg te kyk?

Monday, 7 December 2009

Maar in al hierdie dinge is ons meer deurmekaar deur hulle wat wou maak of hulle ons lief het.

Teenstrydigheid was nog altyd iets waarin ek kon glo. Chaos en wanorde nog altyd my gemaksone. Ons is dwarrelende verdwaalde wesens. Ons hardloop kopaf en maak woorde op wat mooi klink en prober dit aan ander afsmeer in die hoop van aanvaarding. Dalk selfs bietjie orde of bewys van iets wat defnitief ongegrond is, afwesig is, onwerklik is. Ons plaas onselfs in boksies en fluister saggies hoe ander nie hierdie waarheid verstaan nie. Die waarheid wat reeds as woord ontbloot is as niks, betekenisloos, ‘n doelose samevlansing van letters wat die mensdom lei op ‘n soektog, ‘n strewe ‘n resies. Als tevergeefs.

Thursday, 3 December 2009


Zorro en die kite

Selfs n mislukke dag met n huilende yswind hoef nie gemors te word nie. Moeg om heeldag in die huis te sit, besluit ek om die beste van n slegte saak te maak en my vlieer bietjie af te stof. So paar “running repairs” later en hy is weer reg om in die wind te wapper.
Kite in die hand trotseer ek die koue wind en neem stelling in. Die groot oop plaaswerf leen homself vir lekker speel (as jy nie bang is vir n bietjie stof en n doring of twee). Die toue is afgerol die vlieer le reg, n pluk met die gewrigte en daar gat hy. Op op op tot die toue styf span. Soos n verdwaalde seemeeu verruil hy die sagte wit strande vir die klipgrond van die karoo.

Teen die tyd het my klein skaaphondjie Zorro besluit hy wil saam speel, want vir n bietjie stof en n doring of twee is hy nie bang nie. Hoe meer ek die vlieer van kant tot kant op die wind laat gly, hoe meer maak hy n wapperende geraas, hoe meer hy raas hoe meer blaf Zorro. Ek trek hom na links en Zorro is daar, n vinnige pluk na regs en my hond maak draaie dat die stof so staan.

N glips in konsentrasie en die wind is uit sy seile, so ook uit myne. Nou is dit weer moeite met die toue verstrengel in karoobossies en die windjie sny al erger soos die son weg sak teen die horison. n Pennetjie huur, n draadjie daar en kort voor lank neem die vlieer weer sy posisie in teen die wolk agtergrond.

Nou is Zorro kwaad vir die grootvoel wat kom geraas maak op sy werf. Hy blaf al harder en spring al hoor, maar te vergeefs die voel wil nie luister nie. Skielik! Amper asof die vlieer die hond hoor, duik hy op Zorro neer. Darem net skrams, maar naby genoeg. Wag bietjie , Zorro skeur hom nie uit mekaar nie, nee zorro kyk heen en weer lugwaarts. Teen die tyd wat die toue op gerol is, is die man steeds soekend, koppie heen-en-weer, maar die multi-colored seemeeu is terug na die sagte wit strande van die see.